|
Dan Sleigh se lys van boeke sluit in :
- Afstande - boek deur Dan Sleigh
- Anselm en die Jut - boek deur Dan Sleigh
- Die Buiteposte (VOC-Buiteposte onder Kaapse bestuur 1652-1795) - boek deur Dan Sleigh
- Die nege maande-mars - ‘n ou Kaapse verhaal deur Dan Sleigh
- Duif oor water - digbundel deur Dan Sleigh
- Eilande - ‘n ou Kaapse verhaal deur Dan Sleigh
- Fort Lydsaamheid - ‘n ou Kaapse verhaal deur Dan Sleigh
- Jan Kompanjie - boek deur Dan Sleigh
- ‘n Kanon vir Barbier - ‘n ou Kaapse verhaal deur Dan Sleigh
- ‘n Man om te hardloop - ‘n ou Kaapse verhaal deur Dan Sleigh
- Onder die Bittervaan - boek deur Dan Sleigh
- Ruiters teen die Ryk - Die Verhaal van die Tweede Vryheidsoorlog deur Dan Sleigh
- Sersant Barodien (Kaapse korps)- ‘n ou Kaapse verhaal deur Dan Sleigh
- Tussen twee vlae - Tweede Vryheidsoorlog verhaal deur Dan Sleigh
- Vryburger Tas - ‘n ou Kaapse verhaal deur Dan Sleigh

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za


Duif oor water digbundel deur Dan Sleigh
Uit die ark Sonde sonder bure Binne in my warm sel Ora pro nobis, peccatoribus Psalm Uit die hand Die parade Waar gaan die alabama?
1. Brief in ’n bottel 2. Die afleweringsdiens 3. Die skrywer
Afrikaans In die murgbeen is musiek Die stranding van “De Goede Hoop” Lans-slank maat What cowards those Winkies are Stof en skaduwee Nag van die onvrugbare Handel Vakature Elegie April 1660 Stories vir ’n sieklike seuntjie Middag vol suidoos Veldpredikasie Die beste Die tydmasjien Liedjies vir die kortsteelramkie Genade nou

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za


Eilande Boek deur Dan Sleigh Boek is ook vertaal in Engels as “Islands” ‘n ou Kaapse verhaal
Eilande is nie net ’n boek nie – dis ’n gebeurtenis. In hierdie onstuitbare epos word die eerste jare van die Kaapse nedersetting herroep in sewe grootse taferele uit die lewe van sewe historiese mansfigure wie se lewens op byna onnaspeurbare maniere in mekaar vervloei.
En om wie vloei hulle? Om die wese van ’n vrou, Pieternella in wie se liggaam wit en bruin bloed saamgevloei het tot ’n noodlot. Hierdie sewe mans is almal deur haar aangeraak. Sy is die spilpunt van ’n genadelose geskiedenis van dood, liefde en oorlewing.
Die verhaal strek vêr en wyd: oor drie oseane, drie vastelande en ’n hand vol eilande. Dit loop, soos ’n groot rivier, met geweldige versnellings wat die leser insluk en meevoer. Maar oraloor kom dit ook tot rus in die lewe van gewone mense.
Dit beantwoord baie vrae. Hoe ervaar ’n honger inboorling die driemaster wat stadig op die rotse loop reg daar op die lykus waar hy woon?
Waarheen beur die sjirurgyn met die punt van die skalpel in die wond in? Wat gebeur eintlik daar op die onveilige werfie langs die Liesbeeck? Wat is die betekenis van ’n bees as jy hom nie het nie?
Wat beteken die woord “andersmaak” en hoe ánders is die anders van die verlede?
As ’n mens weer uit hierdie boek terugkeer na die lewe van vandag is jý andersgemaak. Dit is ’n onuitputlikheid ’n bakenboek vir ons gesamentlike geheue.
Petra Müller

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za


Anselm en die Jut Boek deur Dan Sleigh
Na ’n skipbreuk in die monding van die Soutrivier, bevind die jong adelbors Rupert Anselm hom in die Kompanjie se hospitaal – geboei en met ’n moordklag wat teen hom ondersoek word. Op die Veenwyk was slegs twee ander manne en hulle lyke het naby die Kasteel uitgespoel, “met beserings en wonde wat vermoedelik tydens ’n geveg aan boord opgedoen is”. Ook die skatkis wat aan boord was, het verdwyn – met tweeduisend goue dukate daarin.
Daar is egter ’n twyfelagtige troos: Volgens wet word die gestrande skip Anselm se eiendom, hoewel hy aanspreeklikheid moet aanvaar vir die gebeure aan boord.
Verhoorafwagtend slaan hy tent op naby die wrak en hy besluit: hy gaan die skip weer vlotmaak en wegvaar Nederland toe.
Toe daag die Jut op; ’n eensame half-wide seun van die bosse en strande. Die Jut steel en aas – sou hý die skatkis verwyder het? wonder Anselm terwyl die vertroue tussen hulle stadig ontluik. Maar Anselm maak ook ander vriende: met die soldate van Fort Uitkyk; met sersant Steenkamp en met Liesbet, die sersant se niggie.
En op ’n dag moet Anselm vinnig besluit: Nog twee dae wag vir die Jut om die skatkis te probeer vind of in die nag van die weer en die gety gebruik maak om te vlug met sy bemanning van twee slawe en ’n dowe skieman?
Anselm en die Jut is ’n jeugverhaal wat end-uit boei, ’n vertelling wat deurgaans bolseil in die wind loop.

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za


Die nege maande-mars Boek deur Dan Sleigh
In sy koorsdrome hoor Johannes eenmaal beeste bulk en op ’n ander dag sy moeder praat, maar eers toe die donder oor die plaashuis rol, kan hy weer helder onthou: die stropers wat teen ligdag die beeste uit die klipkraal weggedryf het, die vlak grafte wat hy vir sy ouers langs die spruit moes grawe, die koors wat dae lank soos ’n vuur deur sy liggaam gebrand het.
Op die eensame plaas langs die Oosgrens kan hy nie langer bly nie, hier het vir hom niks oorgebly nie.
Maar die landdros van Graaf-Reinet na wie Johannes hom wend, kan hom nie help nie, want sy eie probleem is groter: die mense van sy distrik is in opstand; hulle eis ’n republiek.
In hierdie stryd raak ook Johannes betrokke.
Sy pad loop oor uitgestrekte vlaktes waar leeus saans in die skemer brul en wilde Boesmans geluidloos ’n gifpyl teen ’n boogsnaar lê. Totdat hy Kaapstad bereik en ’n vyand van oor die see burgers en regering tydelik saamsnoer teen ’n groter gevaar.
In hierdie veranderde omstandighede loop sake vir Johannes verkeerd, maar toe alles vir hom verlore lyk, kom ’n vergete beeswagter om hom te herinner aan die tuiste waarna hy so lankal verlang en die mooi dogter van ’n wamaker wat hom lank gelde die waterblomme in die kloof gaan wys het.
Teen die agtergrond van ’n tydvak waarin ou ordes wankel, vertel Dan Sleigh die aangrypende verhaal van ’n jong man se stryd om sy besonder plek in die sameling te vind.


Lees ook F.A. Venter se boeke:
Geknelde land Bedoelde land Offerland Gelofte land
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za


Fort Lydsaamheid Boek deur Dan Sleigh ‘n ou Kaapse verhaal
Toe veertig man uit die Kaap vertrek om in die wildernis by Delagoabaai vir die V.O.C. ’n nuwe verversingspos te gaan stig, is hulle net van een ding seker: langs die ooskus wag daar avontuur.
En hulle word nie teleurgestel nie. In die klein fortjie wat hulle op die wit strand bou, dreig gevaar van buite en van binne. Op see en op land skuil vyande wat die fort enige oomblik kan aanval. In die fort self is genoeg tweespalt en spanning om geweld te laat losbars.
Die hele onderneming word ’n stryd om voortbestaan: Die reënseisoen breek aan met vloedwaters wat die fort beskadig, diere wegspoel, die tuinerye vernietig. Ekspedisies wat met groot verwagting en veel ontbering na die fabelagtige ryk van Monomotapa gaan soek, keer met leë hande terug. Die rye grafte teen ’n grasbult raak meer en langer, want die koors eis elke maand sy slagoffers.
Maar een man is nie bereid om te erken dat die hele onderneming ’n mislukking is nie: slaag of sterf, is Jan van den Capelle se leuse.
“Ons sal nie onthou word nie…” sug ’n gewese inwoner van Fort Lydsaamheid op pad terug na die Kaap.
Dan Sleigh het gesorg dat hulle wel onthou word. Hy het geen moeite ontsien om die feite oor die geskiedenis van Fort Lydsaamheid na te speur nie en hy het daaromheen ’n verhaal gebou van hoop en wanhoop, van deursettingsvermoë in weerwil van mislukking – ’n verhaal wat ’n merkwaardige deel van ons geskiedenis laat lééf.



‘n Kanon vir Barbier Boek deur Dan Sleigh ‘n ou Kaapse verhaal
Met die doodstraf soos ’n skadu agter hulle aan, trek Etienne Barbier en sy groep opstandelinge rond langs die Bergrivier. Hulle skuil in die klowe of vind miskien onderdak by ’n goedgesinde boer. Baie boere simpatiseer inderdaad met hulle. Die Here Sewentien in die verre vaderland kan nie weet hoe sy amptenare hier met reg en geregtigheid omgaan nie. Amptenare soos die skraal regsgeleerde; die genadelose fiskaal Van den Henghel. Hy is direk verantwoordelik aan die Here Sewentien; selfs die goewerneur het geen mag oor hom nie. Meedoënloos kan hy die gesag in sy hande neem, kan hy op mense jag.
Dit is wat hy nou met Barbier-hulle doen. Hy het hulle voëlvry verklaar. En kil beplan hy verder: Stuur drie manne met ’n kanon op ’n vlot met die Bergrivier langs tot by St. Helenabaai. Versprei die stories en Barbier sal gou uit die bosse gelok word. Kom hy nie na vore nie, kan die driemanskap veiling die kanon besorg by die fort te St. Helenabaai. Die bemanning daar het lankal een aangevra.
Vind daar ’n geveg plaas en die driemanskap kom om… dan sal dit maar net die dood wees van drie veroordeeldes: die logge Albertus Duijn, ’n gedroste seeman, wat die Fiskaal se jagvalk durf skiet het, die stil seun Guillaume de Buisson, wat so ’n lafaard was to hy opgeroep is vir militêre diens dat hy ’n vinger van sy regterhand afgesny het en die strydros sersant Jan Muller, nou al te oud vir aktiewe diens en aangekla van dronkenskap.
Die selfmoordtog op die Bergrivier begin. Die natuur bedreig hulle. Botsings tussen die uiteenlopende persoonlikhede is onvermydelik. En senutergend bly die vrae: Is alles nie dwaasheid nie? Wanneer en hoe gaan hulle Barbier ontmoet? Is die plan van die Fiskaal nie volkome boos nie?
Dan Sleigh het ’n voortreflike historiese avontuurverhaal geskep. Tonele met handeling word helder gedramatiseer; stemmingsvolle tonele word met onderbeklemtoning en woordsuiwerheid opgeroep. En subtiel word die karakters geteken.
Lesers wat Fort Lydsaamheid en ’n Man om te hardloop onthou, sal ook hierdie roman oor die “swart tydperk” aan die Kaap verwelkom.

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Lees ook DIE BUITER reeks deur Gerrie Radlof




Sersant Barodien (Kaapse Korps)



Tussen twee vlae Boek deur Dan Sleigh Tweede Vryheidsoorlog verhaal
Hoog bo die Tugelarivier wieg luitenant George Verwey in die rottangmandjie van sy verkenningsballon. Uit ’n donker kol, wat soos ’n gat in die grond lyk, flits ’n heliograaf skielik ’n onverwagte vraag: “Wat soek jy?”
“Ek soek Transvalers om te skiet,” flits Verwey terug. Toe styg ’n wolkie blou rook uit die donker kol en ’n swaar koeël gons onder die mandjie deur… Vyf maande lank is George Verwey trots om in die Britse koningin se Derde Berede Seinerskorps te dien. Maar toe Ladysmith en Colenso agter hom lê, begin hy twyfel. Die herinnering aan Spioenkop is vol skrikbeelde…
En altyd was Jack Spear daar. Jack Spear, die meedoënlose Ier wat wraak gesweer het op al wat Afrikaner is; Jack Spear wat met Verwey se suster Elizabeth wil trou; Jack Spear wat dit geniet om sy vyande met sy sabel uitmekaar te kap.
Verwey bly seiner in die Britse leër totdat sy lojaliteit teenoor sy eie mense en sy haat vir Spear op die spits gedryf word en hy voor ’n krygshof gedaag word.
Toe loop hy oor na die Boere.
Nou begin hy met ’n wilde, nuwe trots op ’n gans ander manier oorlog voer.
En tog bly die vraag by hom: Wat is die belangrikste – lande, vlae, medaljes, of mense? Hy vind die antwoord nadat hy Spear die laaste maal ontmoet het…
Dan Sleigh se verhaal van ’n man wat onder twee vlae geveg het, bied ’n frisse en verrassende kyk op die Tweede Vryheidsoorlog. Die agtergrond is eg; die aanbieding so lewendig dat die leser die boek bowenal as ’n opwindende spanningsverhaal moet beskryf.
Lees ook Boeke deur Mikro Die jongste ruiter Die jongste Veldkornet Die bont Takbok Die bont Takbok verken Kaptein Gereke Die wit Arend
Lees ook H.S. van Blerk se boeke
Lees ook F.A. Venter se boeke

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za


Vryburger Tas ‘n ou Kaapse verhaal deur Dan Sleigh
Adam Tas het gelewe in die tyd toe Willem Adriaan van der Stel goewerneur aan die Kaap was – ’n tyd van diefstal, selfmoord, dwang, smokkelary, afpersing en aanranding. In die kerk word die Tien Gebooie nie meer gelees nie en rondom jou pleeg vriende verraad ter wille van die goewerneur se guns.
Jonk soos hy is, is Jakie Nel, kneg van Adam Tas, ook betrokke. Tas laat hom die skryfwerk doen.
Hy moet lyste van moontlike getuies van Van der Stel se korrupsie opstel. Hy kom ook alle onreëlmatighede rapporteer. En Tas verwag dat Jakie alles moet oorweeg en dan besluit: Is die amptenare wat boer, die enigste skuldiges? Wat lê aan die wortel van die korrupsie? Hoe sal die nageslagte oordeel oor hulle, die vryburgers, sê saak?
Gaandeweg word geskiedkundige feite ’n helder werklikheid en leer jy Adam Tas, die mens, ken.
Lees ook boeke deur Karl Kielblock
Lees ook Kobus Snyman (Seeheks-reeks) se boeke
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za


- 1971 - Duif oor water - digbundel deur Dan Sleigh
- 1972 - Die nege maande-mars - ‘n ou Kaapse verhaal deur Dan Sleigh
- 1973 - ‘n Man om te hardloop - ‘n ou Kaapse verhaal deur Dan Sleigh
- 1974 - Fort Lydsaamheid - ‘n ou Kaapse verhaal deur Dan Sleigh
- 1974 - Tussen twee vlae - Tweede Vryheidsoorlog verhaal deur Dan Sleigh
- 1975 - Onder die Bittervaan - boek deur Dan Sleigh
- 1976 - Anselm en die Jut - boek deur Dan Sleigh
- 1977 - Sersant Barodien (Kaapse korps)- ‘n ou Kaapse verhaal deur Dan Sleigh
- 1978 - ‘n Kanon vir Barbier - ‘n ou Kaapse verhaal deur Dan Sleigh
- 1978 - Jan Kompanjie - boek deur Dan Sleigh
- 1979 - Vryburger Tas - ‘n ou Kaapse verhaal deur Dan Sleigh
- 1979 - Ruiters teen die Ryk - Die Verhaal van die Tweede Vryheidsoorlog. deur Dan Sleigh
- 2002 - Eilande - ‘n ou Kaapse verhaal deur Dan Sleigh
- 2010 - Afstande - boek deur Dan Sleigh


Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

|