|
Cor Nortjé se lys van boeke sluit is


Brood vir my broer - ‘n radioverhaal en nou in boekvorm geskryf deur Cor Nortjé.
Nou en dan kom daar in die Afrikaanse skryfkuns ‘n werk wat iets raakboor, ‘n werk waarmee die leser onmiddellik verwantskap kry, wat onmiddellik verwelkom word soos mens ‘n vertroude vriend verwelkom. Dit kan werke wees wat eientlik heeltemal uiteenlopend van aard is - ‘n Audrey Blignault se borrelende lewenslus en pittige lewenswysheid, of ‘n F.A. Venter se Werfjoernaal met sy skerpsinnige en liefdevolle waarneming van mens en die en plant in die halfwoestynwęreld in die Noordweste, of ‘n Jan Schutte se legendariese Du Plooys van Soetmelksvlei - en tog is hulle op ‘n vreemde manier verwant. Want hulle het almal ‘n sekere, onbepaalbare “iets” in gemeen: Die leser voel hom op ‘n besondere wyse betrokke by die werk. Die situasies en karakters is vir hom “waar” en die lotgevalle is die van bekendes, die węreld van die skrywer word deel van die węreld.
En so is dit met die werk van Cor Nortjé. In 1970 het ons oor die radio Brood vir my broer leer ken en daaroor begin praat : oor Rooikrans en die mense van Rooikrans. Nou is hierdie verhaal - in boekvorm beskikbaar.
Op Rooikrans het daar maar altyd Broodryks en Fouchés langs mekaar gewoon. Wie eerste daar was - daarna vra niemand meer nie. Niemand vra ook hoekom die Broodryks en die Fouchés mekaar nog altyd gehaat het nie. Die oorspronklike twis is vergete, die haat nie.


Sokker in sy bloed - Cor Nortjé
Sokker in sy bloed is ‘n pragtige sokker verhaal wat elkeen sal aangryp. Dit is die verhaal van ‘n arm seun wat daarin geslaag het om ‘n groot sokkerster te word. Die deursettingsvermoë, die wil om te presteer en die drang na welslae in die positiewe elemente wat in hierdie verhaal saamgevat is om dit een van die trefferverhale van ons tyd te maak.

Tekkies en die sluipmoord - Cor Nortjé

Tekkies trap klei - Cor Nortjé

|