|
Christoffel Lessing se lys van boeke sluit in:
- Angel van die dood - 1950 (Christoffel en Corrie Lessing)
- Die geregtige Berty Smiles (Christoffel Lessing)
- Die tweede myl - 1956 (Christoffel Lessing)
- Een goue uur (kortverhale) - 1949 (Christoffel en Corrie Lessing)
- Ek, elendige mens - 1947 (Christoffel Lessing)
- Gooi my vir die aasvoëls - 1947 (Christoffel Lessing)
- Kersfees in die tronk - 1949 (Christoffel Lessing)
- Koning van die boewewêreld - 1948 (Christoffel Lessing)
- Met ‘n dankbare liefdesgroet - 1948 (Christoffel Lessing)
- Paspoort na Elysium - (Christoffel Lessing)
- Tronkvoëls - 1948 (Christoffel Lessing)
Forth from the dungeon, 1956 - (Christoffel Lessing)

Met ‘n dankbare liefdesgroet boek is geskryf deur Christoffel Lessing en in 1948 uitgegee
Vir die leser sal dit in baie opsigte ‘n sleutel wees vir Lessing se lewe, want in sy briewe bieg hy eerlik en maak aan sy geliefde sy verlede, sy ideale en toekomsdrome bekend. Op sonderlinge wyse het hulle in aanraking met mekaar gekom, en spoedig het die ontluikende liefdesblom oopgegaan. Wat die leser kan waardeer is die rypheid van hul liefde, geen kinderagtige sentimentele praatjies nie, maar gelouterde gevoel:Twee siele wat baie gely het, het mekaar gevind.
Toe die tronkpoort oopgaan, “het ek my asem ingetrek en vinnig uitgestap afof ek bang was dat hulle van plan kon verabder, en my terugneem na die kerker waar ek oneindige jare geleef het.” En toe staan sy bruid voor hom...

Gooi my vir die aasvoëls boek geskryf deur (Christoffel Lessing)
Dit is ‘n boek wat alle ouers, onderwysers, maatskaplike werkers, wetgewers en geregsbeamptes behoort te lees - almal wat belangstel in die vrae wat bespreek word: en ook vir die letterkundige is dit nie van belang ontbloot nie. ‘n Menslike dokument soos hierdie het ons nog nie van te vore in Afrikaans besit nie.
Is u houding teenoor misdadigers simpatiek of veroordelend? “Veroordelend” is miskien u antwoord. Maar het u ooit daaraan gedink, dat elkeen van ons ‘n potensiële misdadiger is? U wil dit nie glo nie? Nou-ja, dalk sal u van mening verander nadat die leser die boek gelees het.
Die drie oorspronklike lewensverhale van misdadigers is te Pretoria opgeteken en verwerk deur ‘n mede-prisonier, Christoffel Lessing,wat sy B.A. en ander grade in die tronk verwerf het, en onder leiding van belangstellendes ‘n nuwe lewe begin het.
Aldrie verhale bevat uitgesproke en onuitgesproke gedagteprikkrelende kritiek oor ons strafmetodes en die wyse waarop misdadigers behandel word in die moderne maatskappy.

Koning van die boewewêreld deur Christoffel Lessing - 1948 Afrikaanse boekhandel

Een goue uur Kortverhale deur Christoffel en Corrie Lessing
Verhale deur Christoffel:
- Haweloos
- Een goue uur
- Die droster se tuiskoms
Verhale deur Corrie Lessing (Christoffel se vrou)
- Baas bo baas
- In eie boesem
- Deur ‘n spieël in ‘n raaisel
- Wag maar, swerwer
- Onder die leer deur
- Vreemde besoeker
- Antjie parmantjie
- Sy is jou deel
- Leeu se groot dag
- “Waar ‘n wurm nie sterf ...”

Paspoort na Elysium deur Christoffel Lessing
|