http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
|
|
|
Boeke deur Chris L Marx sluit die volgende titels in:
Boeke van Chris L Marx in die Klub707 reeks
Seisoene in die wind - geskryf deur Chris L. Marx Toe sy ma na sy pa se dood weer gaan trou neem Cobus hom voor: hy sal hulle op sy manier wys. Van sy atletiekprestasies kan hulle maar vergeet. Van enige samawerking met sy ma, nuwe stiefpa en onderwysers is daar ook geen sprake nie. Hy is in opstand - dit moet hulle goed verstaan Wanneer sy ma hom boonop wil saamsleep Boskop toe- ‘n klein dorpie in die Laeveld waat Oudok praktiseer - besluit hy - dié spulletjie in die boendoe het hy nie nodig nie. Hulle woon buitendien in ‘n verskoning vir ‘n dorp.... Maar Cobus het nie rekening gehou met wat die boendoe gaan oplewer nie : daar is Jeanine met haar mooi glimlag, maar ook hartseer wat hy nie kan peil nie; Celeste, die grootmenskind met haar liefde vie die denneplantasie; Gerhard, almal se gunsteling en atletiekheld; en meneer Coetzee’ die Biologie-onderwyser, wat vir sy verlede hier op Boskop kom wegkruip het. En dit is indie einste boendoe dat Cobus leer dat die natuur sy eie medesyne inhou, dat ‘n wenner nie noodwendig altyd eerste kom nie, en dat dit lekker is om van jouself te gee.
Einde van ‘n droom - Chris L. Marx Eben skuif met sy hele bolyf oor die rand van die rotslys sodat hy effens na onder oor die afgrond hang. “Gryp my hand! “ sê hy skor en Markus aarsel nie. Daar is alarm in Eben se stem en hy gehoorsaam outomaties. Eben voel die swaar gewig wat meteens aan sy arms rem en ‘n oomblik vrees hy dat hy te ver oorgeleun het, vrees hy dat hulle saam gaan val omdat hy Markus nie sal kan optrek nie. Hy kyk al in die blou oë wat syne soek en hy sien die vrae daarin, die bewustheid dat iets ernstigs iewers verkeerd is. Hulle albei se hande is besweet en Eben kan voel hoe Markus ‘n aksie van ‘n sentimeter op ‘n slag begin afgly. Waarom los hy nie? Hy wou hierdie man tog gister dood gehad het. Niemand sal hom kan kwalik neem as hy sou los nie. Enigiemand sal kan verstaan dat dit vir hom onmoontlik was om Markus se swaar liggaam op te trek. Hy sal hom nie eers self kan verkwalik nie. Dit sal nie sy skuld wees nie. En dan sal hy weer ‘n kans hê om Chantel se liefde te wen. As die man wat nou tussen hom en Chantel staan die dieptes instort, is daar niks wat hom kan verhoed om met haar te trou nie. Dis so maklik - hy moet net los...
Niemand weet nie - Chris L Marx
Waarom, Sureta? - Chris L. Marx (Klub 707-reeks) Ek begin in haar rigting loop - om skielik in my spore vas te steek. Die oomblik toe ek my gewig uit die neus verwyder het, het die Cessna se sterk gekantel. Ek gee nog ‘n treetjie. Die stertkant sak verder en daar is ‘n skuurgeluid onder ons. “Sureta!” beveel ek angstig. “Kom dadelik hier na my toe!” Sy het ook agtergekom dat daar iets skeel en sy beweeg soos blits in my rigting. “Wat is dit?” vra sy bekommerd toe sy langs my kom. “Wat gaan aan?” Ek skud my kop. ”Ek weet nie, altans ek hoop nie dit is wat ek dink dit is nie.” “Wat maak ons nou?” “Gaan na die voorpunt by my sitplek en loer daaruuit. Vertel my wat jy sien. Probeer veral sien wat agter aangaan.” Sy gehoorsaam. ek draai versigtig om en hou haar dop. Dan trek sy haar asem vinnig in. ‘n Koue hand knel om my hart nog lank voordat sy die woorde uiter. Daardie geluidjie was genoeg om my alles te vertel wat ek wou weet. “Piet, ons hang oor die randjie van ‘n afgrond!’ Stadig, voetjie vir voetjie, beweeg ek nader en verwag enige oomblik dat die vliegtuig gaan afskuif. Ek loer by Sureta verby na die stertkant toe - en kry byna ‘n hartaanval. Ver meer as die helfde van die vliegtuig hang in die lug... Die is ‘n spanningsverhaal deur Chris L Marx wat anders is as die gewone.
Akteur sonder rol - geskryf deur Chris L Marx (Klub 707-reeks) Wie is Roux Burger eintlik? Is hy die ieenaar van ‘n gasmaatskappy of is Jaco Roux, ‘n derderangse akteur wat altyd in ‘n droomwêreld leef en aan grootheidswaan leef? Of....is hy werklik Reinhard de Vos, die briljante priivate speurder wat gereeld op TV te sien is? Daar is nog baie ander vrae ook. Waarom word hy ontslaan? Waarom word hy ontvoer? Waarom is sy pa se testament so onredelik? En Sunelda, die meisie wat hy liefhet, wat het van haat geword? Les bes: waarom is daar so baie mense op sy spoor? Chris L. Marx verskaf antowwrde namate die verhaal ontvou, maar antwoorde wat mens nooit verwag nie. Daarvoor is feitlik elke karakter in die boek te veel kan ‘n konkelaar ....en dié wat nié konkel nie, word bekonkel. Hierdie is ‘n spanningsverhaal vol kinkel, konkels en kwinkslae en ‘n verrassende slot.
Wanneer ‘n verloorder wen - geskryf deur Chris L Marx
‘n Tyd om te sterwe - ChrisL Marx
Brandstof vir die ewigheid - geskryf deur Chris L Marx Sonia Vermaak sien die vreemdeling etlike kere op dieselfde aand. Eers voor haar vriend, Gerhard Smit, se woonstel. Toe weer by die lughawe en later by die stasie. Ek elke keer tree hy agterdogwekkend op. Dat hy hulle agtervolg, is seker. Maar hoekom? Sy kom spoedig agter dat dit iets te doen het met die tas wat Gerhard by hom dra. Dit bevat iets wat die man wil hê. Daarom stamp hy Gerhard op die trap om en probeer die tas gryp; daarom slaan hy hom later in die trein plat om dit af te neem. Tervergeefs! Die tas met die inligitng in is in Sonia se besit... En haar lewe is in gevaar. Daar word op haar geskiet. Sy word ontvoer en sy weet nie hoekom nie. En daar is niemand na wie sy haar kan wend nie. Haar pa is aangerand en die vreemdeling, Hardus, noem Gerhard Gérhard en waarsku haar teen hom. Brandstof vir die ewigheid is ‘n verhaal oor nywerheidspioenasie, ‘n verhaal wat die leser op sy stoel vasgekluister sal hou tot op die laaste bladsy.
Skenk haar ‘n paradys - Verhaal deur Chris L Marx
Stem uit die verlede - ChrisL Marx Hy vat die hoorbuis die keer raak. “Hallo?”
Opdrag uit die dood - Chris L Marx “Johan Niemand?” Ek kry so ‘n nare voorgevoel dat hierdie oproep my nuwe lewe gaan omver werp. ” Ek het jou hulp nodig, Johan?” ‘n Helse kabaal breek in my oor los. Bosch het die gehoorbuis gelos en ek kan hoor hoe dit klappend aan die draad swaai...” So begin die vreemde doodsveragtende sending van geheime agent Johan Niemand.
Erfporsie van vrees - Chris L Marx Cobus Neethling is ‘n doodgewone mens, ‘n ingeskrewe klerk by ‘n rekenmeestersfirma, en hy het klaar sy finale eksamen geskryf. Hy wag net vir die uitslag voor hy “geoktooieerde rekenmeester” ofte wel “GR” voor sy naam kan skryf. Want hy weet hy het gaslaag. Dan sal die lewe vir hom begin! Dit is wat Cobus die oggend dink toe hy met die trein werk toe ry omdat sy vrou die motor nodig het. Maar dan loop sake skeef, want ‘n lang man met ‘n puisiegesig kom op die perron agter hom staan en probeer hom voor die aankomende trein instamp. Hy word gered deur ‘n groot, fris geboude man wat saam met hom vir die Polisie lieg, hom hospitaal toe bring.... en verdwyn. Wanneer hy by die huis aankom tref hy sy vrou se beste vriend dood in die kamer aan en toe hy sy klerekas oopmaak, val sy vrou se lyk uit. Hoekom al hierdie dinge juis met hom gebeur, waat Cobus Neethling nie. Maar wat hy wel deeglik besef is dat iemand hom dood wil hê - baie graag dood wil hê. Maar hoekom?
Bestuurder van sy hart - geskryf deur Chris L Marx
|