http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
|
|
|
Die swanesang van Majoor Sommer geskryf deur Chris Barnard
Boela van die Blouwater- Chris Barnard Hierdie is ‘n jeugverhaal wat afspeel op ‘n klein vissersdorpie, Oestermond. Die milieu is die see en sy mense - geharde vissers soos Oukoos en Sollie, Krisjan Klok en natuurlik die jong Boela. Die skrywer het ‘n besondere tema gekies waarin kleurvolle en interessante karakters die hoofkarakters is; elkeen oortuigend geteken in situasies wat lewensgetrou en dramaties beskryf word. Die lewser leer die innerlike lewe ken van hierdie visserseun, Boela, wat vasgegroei staan in sy omgewing. Hy leef werklik voor die geestesoog en ontluik gaandeweg in ‘n sewentienjarige seun met tipiese sentiwiteit wat hy immer probeer onderdruk. Sy liefde vir Nonnie, die kroegman se dogter, wat hy liewer met dade as met woorde probeer bewys, is skoon en opreg. Dan is daar Oukoos, Boela se pleegvader. Oukoos wat so graag ‘n seun wou hê op wie hy trots kan wees. Tussen Boela en Oukoos heers daar ‘n mooi en innige verstandhouding wat vir albei ‘n soort sin gee in die lewe.
|