http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Chris barnard

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

Chris Barnard is n veelbekroonde skrywer is 15 Julie 1939 gebore op Mataffin in die Nelspruit omgewing. Sy pa was n sitrusboer en sy ma n gefrustreerde huisvrou wat afleiding in die tuin gekry het. Dit is dus van sy ouers af dat hy sy behoefte om dinge te sien plant en te sien groei, gekry het.

Chris Barnard -skrywer

Alhoewel sy aanlegtoetse die teendeel bewys het, het hy met die wysheid van n agtienjarige, op universiteit van Pretoria gaan inskryf vir Afrikaans, Engels en Frans en n paar ander vakke. Teen sy derdejaar sleep hy sy taalvakke behalwe Afrikaans. Hy het egter op die stadium het hy al reeds sy droom begin bewaarheid, aangesien hy reeds die redakteur van die joolblad, die literere jaarblad, die eerstejaarsgidsblad, asook ander blaaie. Nadat hy sy BA graad behaal het, word hy n joernalis. Hy het begin werk by sedertdien afgestorwe koerante en tydskrifte soos Die Vaderland, Dagbreek, Sondagnuus, Die Brandwag en die glo nog bestaande Huisgenoot. Daarna was hy 'n tyd lank ook uitgewer en sedert 1978 was hy in die filmbedryf.

Hy trou in 1962 en die huwelik bring 3 seuns, Johan, Stephan en Tian voort, waarop hy baie trots is. Sy tweede huwelik met Katinka Heyns, bring n seun en trots, Simon, voort. As gevolg van sy werk, moes hy noodsgewonge n stadsbewoner word, en het daarom soek hy na n lappie grond wat soos die laeveld lyk. En die het hy gekry n entjie anderkant Brits, presies 100km van sy stadshuis in Blackheath, Johannesburg. En van sy stukkie grond, wat hy Dwaal gedoop het, skryf Barnard : Dis verlate, ja, maar nie godsverlate nie, en dis wel waterloos, maar nie dor nie. En dis n halte, ja - maar n halte vir die hart. Die Barnards was so gereld moontlik hier en natuurlik het Barnard meeste van die bome hier, self geplant.

Sy tweede huwelik bring 'n nuwe loopbaan mee as draaiboekskrywer en filmvervaardiger. Hy s dit is vir enige draaiboekskrywer op aarde 'n merkwaardige voorreg om elke aand saam met sy regisseur te kan bad. Hulle woon langs die Hartbeespoortdam en boer sedert 1994 deeltyds met lemoene en makadamianeute op Thulani, 'n plaas wat hy vir 'n appel en 'n ei bekom het net sowat sewe kilometer van my geboorteplek af.

Publikasies sluit onder meer die volgende in:

Bekende onrus (1961),
Die houtbeeld (1961),
Boela van die blouwater (1962),
Man in die middel (1963), Dwaal (1964),
Pa, maak vir my 'n vlier, Pa (1964),
Die swanesang van Majoor Sommer (1965),

Die swanesang van majoor


Duiwel-in-die-bos (1968),
'n Stasie in die niet (1970),
Mahala (1971),
Die rebellie van Lafras Verwey (1971),
Chriskras (1972),
Danda (1974),
Op die pad na Acapulco (1975),
Iemand om voor nag te s (1975),
Chriskras - 'n tweede keur (1976)
'n Man met vakansie (1977),
Taraboemdery (1977),
Danda op Oudeur (1977),
Piet-my-vrou & Nagspel (1982),
So onder deur die maan (1985),
Voetpad na Vergelegen (1987),
Moerland (1992),
Paljas & Die storie van Klara Viljee (1998),
Boendoe (1999)
 

Sy werk is vertaal in Engels, Nederlands, Duits and Sloweens.

Sommige van die pryse waarmee hy bekroon is:

Duiwel-in-die-bos (CNA Prys, 1968)

Mahala (Hertzog Prize, 1973; WA Hofmeyr Prys, 1974)

Voetpad na Vergelegen (Scheepers Prys, 1989)

Moerland (WA Hofmeyr Prys, CNA Prys, Rapport Pryse, 1993)