http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php C.M. van den Heever

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

Christiaan Maurits van den Heever,  was węreldwyd beter bekend as C. M. van den Heever was gebore op 27 Februarie 1902 in ‘n konsentrasiekamp, by Norvalspont op die grens van die Noord Kaap- en Vrystaat provinsies, naby die Gariepdam (Suid-Afrika). Hy het sy kinderdae op 'n plaas in die Vrystaat deurgebring en diepe omgang gehad met veld en dier. Hierdie invloed het hom nooit verlaat nie, selfs al was hy die meeste van sy latere jare in stede woonagtig, kan daar van hom gesę word dat hy was in die stad, maar nie van die stad nie. Dit was dan ook die kontras tussen stad en platteland wat hom veral geboei het. In sy eerste romans skilder hy die degenerasie van die boer wat na die stad trek - ons vind dit in werke soos Op die plaas, Droogte, Langs die grootpad en Groei.

Hy het gestudeer aan die Universiteit van Vrystaat, asook aan die Universiteit van Utrecht in Nederland. Na sy terugkeer het hy weer ‘n pos by die Vrystaatse Universiteit, in Bloemfontein, gekry. Na die voltooiing van verhandeling, oor die digter Totius, het hy ‘n pos by die Universiteit van die Witwatersrand aanvaar.

Hy was die eerste Afrikaanse professor in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van die Witwatersrand. Gedurende die duur van sy aanstelling (1933-1957) het hy 'n belangrike rol in die ontwikkeling van die Afrikaanse kultuurlewe in Johannesburg en in die vertolking van gebeure en ontwikkelinge in die literatuur en in die kultuurpolitiek gespeel. Hy was 'n toegewyde ondersteuner van noue kultuurbande tussen Nederland, Vlaandere en die Afrikaanse węreld. Hy was 'n sterk ondersteuner van generaal J.B.M. Hertzog se beleid van versoening tussen Afrikaans- en Engelssprekendes en 'n kritikus van die kultuurpolitiek van sommige leidende Suid-Afrikaners van sy tyd, Afrikaans- én Engelssprekend. Hy word oor die algemeen as die eerste Dertiger beskou, hoewel sy latere ontwikkeling nie tipies van die Dertigers is nie. In sommige van sy kultuurbeskouinge was hy 'n voorloper van N.P. van Wyk Louw, veral oor die rol van Afrikaanse intellektueles, oor die belangrikheid van kritiese denke en ten opsigte van sy pleidooie vir 'n liberale Afrikanernasionalisme.

Hy het veral bekendheid verwerf vir sy verhale Somer (in Engels, Vlaams en Duits vertaal) en Laat vrugte. In 1942 is Die Hertzogprys dan ook vir Laat vrugte aan hom toegeken.

Hy sterf op 8 julie 1957.

 

Hier volg ‘n paar titels van die 30 wat deur C.M. van den Heever geskryf was:

Bloemlesing uit die Gedigte van Jan F.E. Celliers
Die Nuwe Boord. Gedigte
Generaal J.B.M. Hertzog
Kultuurgeskiedenis van die Afrikaner
Mens en Woord
Jeug
Somer
Dirk se oorwinning
Kromburg 1981
Kringloop van die Winde - Drie Novelles
Gister - 1942
Simson - 1939
Langs die Grootpad
Op die plaas
Droogte
Groei
Bloedrooi Papawer
 

klik hier om terug te gaan na “skrywers”           

Koop van C.M. van den Heever se boeke - klik hier

 Tuis 2

Bo