http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
|
|
|
Prof C J Barnard is ‘n oud-student van die universiteite Stellenbosch, London en Suid-Afrika. Hy is ‘n gewese hoofgeskiedskrywer (landmagte) in die afdeling Oorloggeskiedenis van die Eerste Minister se kantoor, Pretoria (1950 -1958), en kulturele attaché in Suid-Afrika-Huis, London (1959- 1961). Van 1962 tot sy aftrede in Desember 1985 was hy verbonde aan die departement Geskiedenis van die Uiniversiteit van Suid-Afrika (UNISA). Hy het dikwels in die buiteland gereis om te studeer en navorsing te doen. Prof. Barnard is ‘n srigterslid van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Krygsgeskiedenis, waarvan hy van 1979 tot 1981 die voorsitter was. Hy is die skrywer van verskeie publikasies oor die Suid-Afrikaanse krygsgeskeidenis, waaronder sy boek “Generaal Louis Botha op die Natalse Front 1899 - 1900”
|