http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
|
|
|
Die Blou Tartare-reeks is ‘n stel van ses boeke vir die jeug vol avontuur en spanning soos net H.S. van Blerk dit kan doen.
Die Blou Tartate (no 3). Die spooklig deur H.S. van Blerk. Eerste uitgawe : 1968
Van al die planne wat die Blou Tartare vir hul vakansie op Perdeplaas gehad het, het daar net mooi niks gekom nie. Die eerste aand al na hulle tent opgeslaan het, gewaar Koos ‘n lig in die verte wat geheimsinnig verskyn en verdwn, en die vyf kan nie rus voor hulle weet wat daaragter stek nie. Die soektog bring hulle hy ‘n ou halfklaar kasteel wat al jare sonder baas hier in die rante lê. Maar nou is dit nie meer verlate nie, en snags gebeur hier vreemde dinge. Om die kasteel se geheim op te los, doen die seuns iets wat hulle nooit sou gewaag het as hulle twee maal gedink het nie. Hulle nuuskierigheid word bevredig, maar wat moet hulle nie alles daarvoor belewe nie! Met die Tartare gaan dit so smoor dat Faanman seker voel sy ma sien haar seuntjie nooit weer nie.
Die Blou Tartate (no 6). Faanman slaags met terroriste deur H.S. van Blerk. Eerste uitgawe : 1979
Faanman du Plessis kan dit byna nie glo nie: hy gaan Rhodesië (nou Zimbabwe) toe. Hy het nooit gedink sy pa sou instem dat hy saam met Nelie by sy oom -hulle kan gaan kuier nie. Maar toe Claire aanbied om in Faanman se plek die perde te versorg was oom Hans tog te bly - hy en tant Martha voel lankal hulle skuld Faanman ‘n wegkomkans. Allles dui op ‘n heuglike, avontuurlike, gevaarlike en onvergeetlike vakansie. Bruidskroon se werf lyk wel soos ‘n laer, verskans teen die vyand van buite, maar daar was nog nooit ‘n terroris naby die plaas nie. Die dae glip sorgvry verby. Saam met Godfrey,Talana en sam word daar visgevang, geëet, verken, teikengeskiet en perdgery. Om die kroon te span op die heerlike vakansie, sou Faanman-hulle die nag voor sy en nelie se vertrek in die boomhuis slaap - natuurlik sonder oom Doors se medewete. Van pure opgewondenheid wou die slaap eers nie kom nie, maar die wakkerword was skielik. Toe die submasjiengeweer van ‘n terroris, hier onder die boom begin knetter, wéét hulle: die terroriste is nou al op Bruidskroon ook. Die spanning verslap nooit in hierdie sesde boek in die Blou Tartare-reeks nie. Teen die einde van “Faanman slaags met terroriste” kan ‘n mens nie anders as om met oom Hans saam te stem nie: Faanman Plesie is ‘n doring!
Klik hier vir ‘n lys van H.S. van Blerk se boeke - waaronder verskeie ander kinder- en jeugboeke soos :
|