|
Ben Conradie se lys van boeke sluit in:
- As oom Markus weer kom - jeugboek deur Ben Conradie
- Daar is rugby in sy bloed - deur Ben Conradie
- Die de Kuilen-Kommando - deur Ben Conradie
- Die drieling op die spoor - Speurdersbloed-reeks deel 6 - jeugboek deur Ben Conradie
- Die duiwe en die spreeu - jeugboek deur Ben Conradie
- Die Geheim van die Nimmereindkloof - Nagwolwe reeks - jeugboek deur Ben Conradie
- Die goeie hoop - Lente serie nr 52 (Kaapseverhaal)
- Die Jagklub-Moord - Nagwolwe reeks no 5 - jeugboek deur Ben Conradie
- Die Rietbok se fluit - jeugboek deur Ben Conradie
- Die skyngeveg - jeugboek deur Ben Conradie
- Die Springbokke van die Karoo - deur Ben Conradie
- Die Verlore Nooientjie - Nagwolwe reeks no 8 - jeugboek deur Ben Conradie
- Die wit Zaida - jeugboek deur Ben Conradie
- Dieprivier se Monster - Nagwolwe reeks no 3 - jeugboek deur Ben Conradie
- Dieprivier se Monster - Speurdersbloed-reeks deel 4 - jeugboek deur Ben Conradie
- Donker Nagte - Nagwolwe reeks no 4 - jeugboek deur Ben Conradie
- En nou waarheen verder - deur Ben Conradie
- Goue voete - jeugverhaal oor sokker deur Ben Conradie
- Heloise - deur Ben Conradie
- Kogmatien - jeugboek oor pre historiese diere deur Ben Conradie
- Lewe of dood - deur Ben Conradie
- ’n Vis Honderd - Speurdersbloed-reeks deel 5 - jeugboek deur Ben Conradie
- Nagwolwe - Speurdersbloed-reeks deel 3 - jeugboek deur Ben Conradie
- Speurders op die spoor - Speurdersbloed-reeks deel 6 (herskryf en in 1977 uitgegee)
- Speurdersbloed - Speurdersbloed-reeks deel 1 - jeugboek deur Ben Conradie
- Speurdersbloed - Nagwolwe reeks no 1 - jeugboek deur Ben Conradie
- Spore op die bergpad - jeugboek deur Ben Conradie
- Takbokkop se Speurders - Speurdersbloed-reeks deel 2 - jeugboek deur Ben Conradie
- Takbokkop se Speurders - Nagwolwe reeks no 2 - jeugboek deur Ben Conradie
- Vasgekeer in die Nimmereindkloof - Nagwolwe reeks no 6 - jeugboek deur Ben Conradie
- Wie anders as jy - 1951 - deur Ben Conradie

Lees meer van die Nagwolwe reeks - Kliek hier
Lees meer van die Speurdersbloed reeks - Kliek hier


Heloise Boek deur Ben Conradie
Bestaan die moontlikheid dat ‘n mens heldersienende kan wees? Kan ‘n mens die verlede of die toekoms lees asof dit op ‘n blad gedruk is? Kon ‘n mens nie iewers in die verlede geleef het nie—of is daar nie in die hede kieme van ‘n tweede menswording nie?
Dit is die gedagtes wat ‘n mooi en voortreflike jongnôi voortdurend besiggehou het. Om dit nog moeiliker vir haar te maak om tot lewensbelangrike beslissings te kom, bots hierdie gedagtes en die gewaarwordings wat hul veroorsaak met haar liefdeslewe.
Dit word al hoe moeiliker vir haar om kalm en bedaard te besluit tussen die een met wie sy jare al ‘n verhouding het en die jong man wat sy maar enkele dae ken.
Dan is daar nog Sonja, die onverstaanbare, wat haar telkens verras met haar onverwagte optrede in lewensbelangrike situasies.
Hoe Heloïse onder al hierdie omstandighede en tussen hierdie persone die lig sien om mens te bly, is die verhaal wat hierdie roman aanbied.
Koop van die boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za

lees ook boeke van Ben Venter
Lees ook boeke van John Coetzee
Lees ook boeke van H.S. van Blerk

Spore op die bergpad boek geskryf en verskeie keer herdruk deur Ben Conradie


Die duiwe en die spreeu Boek deur Ben Conradie eerste uitgawe 1983
Kanarie en sy maats is in standerd nege — en op die drumpel van die lewe “daar buite”.
Kanarie wil dokter word, Prof predikant en Dawid het besluit om eers sy militêre opleiding te voltooi. Net so is Joana, Hester, Maryna en Frikkie ook reeds aan’t planne maak vir die toekoms.
Die onderwysers en ds. Jansen maan, gee raad, skrobbeer en help so vorm en rigting gee aan elk van die jongmense se drome en ideale.
Maar dan gebeur iets wat die maats tot stilstand ruk en hulle opnuut laat besef dat God alleen beskik — hóé die mens ook al oor sy eie lewe wik en weeg.
Met Die duiwe en die spreeu slaag Ben Conradie, bekende skrywer van jeugverhale en oudonderwyser, daarin om lewensgetroue karakters te skep met wie se lotgevalle die jong leser horn volkome sal kan vereenselwig. ‘n Jeugroman wat getuig van deurlewing en diepgaande insig in die jongmens se gemoed.

Die rietbok se fluit Boek deur Ben Conradie

Koop van die boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za

Lees meer van die Nagwolwe reeks - Kliek hier
Lees meer van die Speurdersbloed reeks - Kliek hier


Goue voete Boek deur Ben Conradie 14 Februarie 1981 uitgawe


Kogmatien Boek deur Ben Conradie
Toe dit Maartvakansie word, weet Gertjie sommer sy pa gaan weer sê hulle bly mos by die see, en mense wat so gelukkig is, hoef nie weg te gaan nie. Maar hulle moét Flinkfontein toe, besluit Gertjie. Sy pa praat voortdurend van die plaas in die Groot Karoo waar hy grootgeword het, en van die meerkatte en otters en dasadders wat daar hou, en hy en sy ma was nog nooit eens daar nie.
Sy pa moes self ook terugverlang het, want hy stem in dat hulle vir ‘n paar dae gaan. Gerijie het nooit regtig geglo dat dasadders bestaan nie. Die diertjie is sommer ‘n bangmaakding, het hy gedink, want in die ensiklopedie was daar net foto’s van meerkatte en otters. Toe hy dus op die voorlaaste aand iets in sy mandjie-wip vang, meen by dit is ‘n meerkat. Hy waag nie om die mandjie oop te maak nie en gaan sit dit stilletjies agter in die motor. ‘n Mak meerkat, het hy gelees, maak ‘n wonderlike troeteldier.
Maar terug in die Strand maak die Keyters ‘n ongelooflike ontdekking. Gertjie het ‘n dasadder gevang! ‘n Diertjie wat niemand eintlik geglo het werklik bestaan nie — selfs nie Gertjie se pa nie, al het hy met die storie begin. In ‘n ommesientjie is die hele omgewing in rep en roer.
Met al die opwinding en ontwrigting kon Gertjie nie besluit of dit reg of verkeerd is om Kogmatien aan te hou nie en raak sy verIamde vriendinnetjie Lelia meer en meer geheg aan die rare wesentjie met sy grillerige stert.
Kogmatien is ‘n Iekkenleesboek. Die skrywer speel op ‘n boeiende manier met die idee dat een diertjie oorleef het ult die prehistoriese tydperk toe die Karoo ‘n waterryke en dig begroeide wêreld vol wonderlike gediertes was.
lees ook boeke van Ben Venter
Lees ook boeke van John Coetzee
Lees ook boeke van H.S. van Blerk

Koop van die boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za


Daar is rugby in sy bloed Boek deur Ben Conradie

Die skyngeveg Boek deur Ben Conradie
“Ons het gewen!” skree Riaan. Hy kan homself nie inhou toe die verdedigers nie meer skiet nie. “Onthou hulle het ’n geheime wapen,” waarsku Fasie. “Hulle gaan wag tot ons naby genoeg is of tot ons ammunisie op is en dan gaan die poppe dans.” Fasie kyk oor sy skouer. Chris en Otto staan nog net soos hy hulle gelos het.
Meteens skud die aarde van ’n geweldige ontploffing.
Elke jaar word daar ’n skyngeveg gereël tussen die vyf skoolkadetpelotons op De Aar. Fasie, manskap van peloton 4, is in standerd sewe. Riaan ook.
Hul opwinding en vindingrykheid ken geen perke nie. Maar vanjaar is dit of die pret en onskuld uit die kragmeting wil verdwyn.
Fasie se geesdrif word gedemp deur sy ouma se ernstige siekte. Sê nou net sy sterf en haar begrafnis van saam met die skyngeveg? En Riaan se pa is daarteen gekant dat hy ’n kadet is, want, sê hy, die maak hulle mak vir oorlog en oorlog is verkeerd: ’n mens los probleme vreedsaam op om ’n konferensietafel. Maar wat dan van die ouens wat militêre diensplig móét doen? wonder Fasie. Asof daar nie genoeg is wat hom pla nie, begin Otto ook nog moeilikheid maak met stories van soutpatrone en ’n geheime wapen.
Die skyngeveg is ’n besondere boek. Ben Conradie slaag daarin om ’n spannende verhaal te skryf, wat nie net ’n jong leser se verbeelding sal aangryp nie, maar kom ook tot nadenke sal stem.

Koop van die boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za


Die wit Zaida Boek deur Ben Conradie
Zaida kan nie wag dat hulle Disakloof toe moet vertrek nie. Vier volle maande moet hulle Prinsloo’s die natuurtuin vir oom Naas oppas. In sy brief – wat Zaida moeilik kan lees, want sy is maar pas klaar met standerd een – vertel oom Naas van verrassings wat daar op haar en Karina en Barry wag.
Maar Zaida het nooit kon droom dat daar ook ’n disadief in so ’n pragtige omgewing sou ronddwaal nie…

As oom Makus week kom Boek deur Ben Conradie
Hierdie verhaal sal kinders en grootmense end-uit boei. Sonderlinge gebeurtenisse uit die skrywer se kinderdae, sy fyn waarneming en rake beskrywing van die klein dingetjies in die natuur, sal die leser dankbaar stem dat dit vir die nageslag opgeteken is.

Lees meer van die Nagwolwe reeks - Kliek hier
Lees meer van die Speurdersbloed reeks - Kliek hier
lees ook van die tweeling in Mikro se Sias en Mias reeks
|