|
Annelize Endres se lys van boeke sluit in:

Laat stres vir jou werk ‘n Christelike boek deur Annelize Endres
'n Praktiese gids oor hoe om stress te identifiseer en te bestuur. Die boek bevat waardevolle evalueringsvorms vir volwassenes en tieners om dinge wat regtig stres veroorsaak te identifiseer.

Liefde maak bly Boek deur Annelize Endres
Leon Botha hou glad nie van mooi vroue nie omdat sy pa sy ma vir ‘n mooi vrou verlaat het. Toe ontmoet by die pragtige Leila Louw, en hoewel hy hard stry daarteen, is daar iets aan haar wat haar onweerstaanbaar vir hom maak.
Telkens wanneer hy wil swig voor Leila se aantrekkingskrag, kom die trauma uit sy verlede egter tussenbeide. In ‘n poging om die versoeking wat Leila inhou, te weerstaan, vra hy sy jeugvriendin Wanda om met hom te trou.
Wanda stem in, op voorwaarde dat hy ‘n sielkundige gaan spreek om die traumatiese gebeure uit sy kinderjare te verwerk. Hoewel Leon glad nie lus is daarvoor nie, besef hy dat by nie ‘n keuse het nie as by met Wanda wil trou.
Maar toe hy opdaag by die sielkundige by wie Wanda vir hom ‘n afspraak gemaak het, is dit niemand anders as Leila nie...

Legende van die liefde Boek deur Annelize Endres ‘n Woestynliefdesverhaal/ roman
‘n Skrale sewe dae na Imilda, ‘n Suid-Afrikaanse dokter, en Gerald, ook ‘n dokter en Nazi-spioen, se troue in Roemenië met die uitbreek van die Tweede Węreldoorlog, word hy Noord-Afrika toe gestuur. Hy raak heeltemal ontnugter in die Duitse droom en moet eindelik vir sy lewe vlug die woestyn in.
Toe hy hoor dat Imilda doodgeskiet is toe sy na hom kom soek het, aanvaar hy Ieierskap van die Toerangs, die rykste woestynstam, en word hy die geliefde sjeik Gilja. Sy verlange na Imilda vreet elke dag aan hom, en juis daarom verstaan hy nie sy onverklaarbare aangetrokkenheid tot die versluierde vrou van die wrede sjeik Anoed nie. Daar is iets so bemind-bekend aan sjeika Milja se trotse houding.
Vier jaar later eers sou sjeik Gilja sy vinger kon lę op wat presies aan sjeika Milja hom so aangetrek het...
Legende van die Iiefde is ‘n sonderlinge debuutroman deur Annelize Endres. Dit is die ryk, diep verhaal van twee mense se liefde wat ‘n oorlog oorleef en nasies se vyandskap oorbrug; ‘n liefde wat deur niks en niemand vernietig kan word nie.
Lees ook woestynromanse deur
|