|
Kinderboeke in Afrikaans is werklik net so skaars soos die spreekwoordelike hoendertande... Menige ouers het al die taak aangepak om vir hul jong kleuters te gaan soek na boeke, net om ontnugter te word dat daar glad nie ‘n groot verskeiedenheid is om uit te kies nie. Dit laat ouers met die penarie om dan enige Afrikaanse kinderboeke te koop wat voorkom, ongeag of dit van goeie of slegte gehalte is.
Gerusstellend is dit dat daar darem reekse is wat al jare bekend is soos die “Ladybird” -reeks. Daar is verskeie verskillende reekse in die Ladybird kinderboeke ,wat ten doel het om kinders op verskillende vlakke te stimuleer.

Daar is ook nader reeks e soos die “Grootoog”-reeks, “”Eerste diereboeke” en Lees dit self -reeks om ‘n paar te noem

Vir die ouer kinders is daar reekse soos”Liewe heksie” deur Verna Vels, die “Siembamba-reeks” en die Sias en Mias reeks geskryf deur Mikro om weer ne ‘n paar te noem.
Kliek hier vir nog gawe reekse boeke vir kinders - klein tot groot
|